Nemesis (EBOEK)

R242,00
Nemesis (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799357851
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2013-04-01
Links
Nadat die soveelste slagoffer se lyk gevind is met ’n nota wat net lui “dit is volbring”, weet Ben Hugo van die Suid-Afrikaanse Polisie hier is ’n reeksmoordenaar vaardig. Of is dit ’n groep wat wraak neem? Dit lyk nie na net een mens se werk nie. Gaandeweg word dit ook duidelik dat al hierdie slagoffers by een van die afskuwelikste vorms van vergryp betrokke was: pedofilie. Heimlik meen Hugo, soos baie ander mense, pedofiele verdien ’n dood soos dié wat hierdie geskende lyke te beurt val. Maar hy is ook ’n dienaar van die gereg wat diegene moet opspoor wat die reg in eie hande neem en dit is wat hy hom voorneem om te doen. Tot hierdie bose sweer in die samelewing Hugo se private lewe besmet en hy opnuut moet besin oor die morele vraagstuk van wet en orde versus vigilante-optrede. Waar moet emosie en persoonlike oordeel terugstaan sodat reg en geregtigheid kan seëvier?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2013
Formaat EPUB
Skrywer Riana Mouton
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening