Van haar hart se woeste gefladder weet hy net mooi niks Liesa se vakansie saam met Didi in Griekeland om van Henk af weg te kom, verander dramaties toe sy Gerrit se voete tot haar grootste verleentheid onder hom uitslaan. Letterlik. Is hy ook net nog ’n casanova soos haar pa en Henk, of skuil daar iewers ’n greintjie getrouheid in sy mooie lyf? Hoekom is daar dan elke dag ’n ander skoonheid aan sy sy? Liesa weet Gerrit wil net haar rooi hare skilder; hy sien háár nie raak nie. Toe die wulpse Belinda boonop op die toneel verskyn, versterk dit haar vermoede. En Henk se onverwagte koms befoeter alles net nog meer ...