Toe Gebeur Vegas

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870247
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-06-01
Daar is te veel op die spel Predikantsdogter Vanessa Sonnekus gaan op ’n wilde Las Vegas-wegbreek en word een oggend met die volgende skokbesef wakker: Nie net het sy per ongeluk by haar verloofde se beste vriend geslaap nie, maar blykbaar ook met hom getrou! Nie sy of Luhan kan enigiets hiervan onthou nie. Tog voel sy skielik heeltemal anders oor hom. Terselfdertyd wil sy nie dat een aand se swak oordeel haar voorgenome huwelik met Neil in die wiele ry nie. En wat van Luhan en Neil se vriendskap? Vanessa en Luhan kom albei voor ’n baie moeilike lewenskeuse te staan: Was hul nag saam ’n enorme fout wat dreig om hul netjiese lewens te ontspoor of was dit juis die begin van ’n gelukkige lewe saam?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer René van Zyl
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur René van Zyl