Nege jaar gelede het sy hom die kwetsendste woorde denkbaar toegevoeg ... Nou is Debbie Robinson, die eertydse rykmansdogter, terug op Slabbertsrus, waar sy haar verlede, en vir Thomas Burger, in die oë moet kyk. Maar mense vergeet nie so maklik nie, en Thomas het nie vergewe nie. Hy is nou die een wat in die groot wit huis in Hoogstraat woon, want hy het gedoen wat hy onderneem het om te doen.