Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort
voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te
maak. As lyke …
Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike
plattelandse glimlag.
Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om
die waarheid oop te krap?