Ooreenkoms, Die

R380,00
Die ooreenkoms
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799368505
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2014-06-01
“Ek is bewus daarvan dat ek nie van jou klas is nie, Adam. Ek het nooit voorgegee om ’n lid van jou uitgelese sosiale kring te wees nie en ek weet dat ek nooit ’n lid daarvan sal word nie. Maar ek gaan nie verander om jou of jou ouers te pas nie. As my agtergrond jou nie geval nie, staan dit jou vry om kontak met my te verbreek en met iemand te trou wat na jou mening aanvaarbaar is!”

Hulle is pole uitmekaar: Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deel van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ’n onopvallende sanger in ’n grot van ’n kroeg iewers op die Kaapse suidkus. Maar na ’n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.

Daar is egter meer as net dié verskille wat oorbrug moet word – ’n wantrouige skoonfamilie, twee onmoontlike tieners, ’n giftige eksmeisie, en veral die bagasie van die verlede.

Gaan die houe wat die lewe uitgedeel het hulle in die jaar wat hulle saam is heeltemal uitmekaar dryf, of kan hulle juis in mekaar die maat vind wat hulle volledig mens sal maak?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2014
Formaat Sagteband
Skrywer Sophia Kapp
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Sophia Kapp