Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva

R380,00
Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799378009
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2016-03-01

Dit is Simoné se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit ? huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is ? bedenklike verlede, ? tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos ? meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is.

Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan ? loopbaan, ? vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar.

Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.

 

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mrt. 2016
Formaat Sagteband
Skrywer Sophia Kapp
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Sophia Kapp