Welkom op 'n planeet propvol pret! Jaco Jacobs se planeet is 'n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of 'n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe 'n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is 'n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of 'n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie 'n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie.