Op 'n mooi dag (EBOEK)

R217,39
In voorraad
ISBN
9781485904922
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2021-06-09
Links

Met Louw Roodt se verdwyning ná ’n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.

Was Louw in ’n ongeluk, het sy ’n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agterge­laat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?

Toe breek die nuus van ’n man wat in ’n Kaapse hotel vermoor is. Die­selfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was.

Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? ’n Voorval wat vir Louw ’n groot sielkundige knou gegee het.

Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.

Meer inligting
Publikasie Datum 09 Jun. 2021
Formaat EPUB
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening