Seline is sowaar nie voorbereid op wat haar tref toe sy Markus na tien jaar weer sien nie. En dit nogal in haar suster se huis – haar beeldskone suster wat nooit sover kon kom om met Markus te trou nie, al het hy haar jare lank al lief. Tien jaar gelede was Seline ’n skooldogter met ’n sproetgesig en Markus was nie naastenby so aantreklik soos nou nie. Maar mens vry nie jou suster se geliefde af nie, veral nie as jou suster ’n besitlike entjie mens is wat altyd haar sin kry nie. En hoe weet Seline Markus probeer nie net haar suster wakker skud met sy voorstel aan haar wat Seline is nie?