Hierdie boek is die derde in die Pampoenpit-reeks. Die boek word gelyktydig in Afrikaans en Engels uitgegee. Die eerste boek, Prinses Pampoenpit, het byna 3 000 kopieë sedert publikasie in 2019 verkoop. Die tweede boek, Pampoenpit se groen gevoel, het reeds meer as 1 000 kopieë sedert publikasie in 2021 verkoop.