Prettige feite: Van my kop tot tone liggaamboek

R150,00
Prettige feite: Van my kop tot tone liggaamboek
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799390575
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2018-12-01

Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks: Van my kop tot my tone Nuuskierige kinders kan ontdek waarom hulle 'n sekere haar- of oogkleur het en waarom hulle 'n naeltjie het. Dan kan hulle 'n oulike familiestamboom ontwerp, 'n stel papierlonge maak en kyk hoe dit werk, en kreatief raak met vingerafdrukke. Hierdie boek is vol fantastiese feite en aktiwiteite wat by mekaar aansluit, ideaal vir jong slimkoppe wat meer oor die menslike liggaam wil leer. Jy kan selfs ontdek hoe jou liggaam inmekaarpas deur 'n lewens-grootte buitelyn van jouself op papier na te trek!

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Des. 2018
Formaat Sagteband
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening