Saranie de Wet en die padmaker, Maynard Crafford, bots oor sy nuwe bouprojek in die Roggeveld. Sy moet keer dat bedreigde plantspesies nie deur swaar masjinerie vernietig word nie; hý wil net sonder inmenging sy projek betyds
voltooi. Hy hou buitendien nie van vroue soos sy nie. Al ry sy ’n Bronco. Met haar sterk onafhanklikheidsin probeer Saranie ongestoord haar werk doen. Dit irriteer haar grensloos dat die rooikop haar verskeie kere uit ongemaklike
situasies moet red, onder andere ’n kitsvloed en ’n fratssneeuval. En hoekom krap dit aan haar dat die man verloof is?