Sinkplaatpad na liefde

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776358809
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2023-04-01
Deziré Kriek, ‘n bestuursinstrukteur, sukkel om kop bo water te hou en die enigste manier waarop sy haar onderneming kan red is om ‘n kontrak te sluit met ‘n wildsplaas wat gevorderde bestuursopleiding vir hulle werknemers wil hê. Nico, die veearts op die wildsplaas, maak egter haar knieë lam en dreig om haar fokus van haar onderneming af te haal. Boonop het die wildsplaas se finansiële bestuurder, Kylie, ook háár oog op die aantreklike diere-dokter. Die verhouding tussen Deziré en die Nico ontwikkel in meer as net ‘n werksverhouding tydens ‘n safari na Botswana. Sake word egter bemoeilik wanneer Nico se sesjarige seun uit ‘n vorige huwelik, verdwyn. Terug in Suid-Afrika probeer Kylie alles in haar vermoë om Deziré en Nico uit mekaar uit te hou. Maar gaan sy daarin slaag?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2023
Formaat Sagteband
Skrywer Jaco Versfeld
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Jaco Versfeld