Shani is keelvol. Vir wat mag sy nie na Japie se partytjie toe gaan nie? Sy is amper sestien, maar haar pa behandel haar asof sy ’n babatjie is. Liz en Rachelle en al die ander gaan daar wees – hulle ouers is cool. Buitendien, dis haar en Johan se anniversary en sy beplan al lank om die aand vir hom spesiaal te maak. Maar waar Japie en Rachelle is, is daar altyd moeilikheid. En Shani, Sunette en Dolf het nie een ’n idee hoe groot die moeilikheid hierdie keer gaan wees nie…