Sy naam alleen laat haar hart vinniger klop. Leon. Leon Louw. Hy is verskriklik aantreklik en sy oë is baie blou. Sy mond is incredibly soenbaar, al het dit ’n nors trek. Shani kruis gou paaie en swaarde met die nuwe inwoner van Wilgehof. En soos gewoonlik is Rachelle gereed om in te meng, op haar eie waaghalsige, uitdagende manier.