Sunette is sielsongelukkig. Die Meidans was ’n totale flop. Dis onmoontlik om iemand regtig lief te hê! Pierre kan maar verskonings maak soos hy wil, almal kan sien hy’s mal oor Rachelle. Hy’t Sunette kamtig kom soek in die saal nadat hy ... nadat hy Rachelle so ... so bevoel het! Gmf. Haar rug het so min gejeuk as wat ... Sy wou net hê Pierre moes aan haar vat ... en hy was maar net te gewillig! Pierre sal haar wat Sunette is nooit weer uitvra nie. Of sal hy?