Ons voorouers het oor die Drakensberge getrek toe dinge hulle nie meer aangestaan het nie. Deesdae trek mense oor landsgrense heen, maar vir meer as een rede - regstellende aksie, die resessie, misdaad, die liefde en beter geleenthede… Met hierdie boek wil ons weet waarom Suid-Afrikaners hulle hele lewe oppak om in 'n ander, wildvreemde plek oor te begin. En natuurlik ook wat Suid-Afrikaners oorsee mis en of hulle dit weer sal doen. Die stories is plek-plek skreeusnaaks en baie interessant, en op ander plekker hartroerend eerlik.