Liesel, Herman en Jen is die jongste lede van die clan, en ’n driemanskap wat al van kinderdae af onafskeidbaar is. Vriende, dit is wat hulle glo hulle is. Maar al drie weet daar is ’n onderstroming van veel meer as vriendskap tussen Herman en Jennifer. Dat een van die drie se lewensverwagting geknou is deur MIV-status, is algemene kennis. Maar dat Liesel oor die jare heen vir Herman begin liefkry het, is haar geheim. Tot een van die drie weggeruk word, nie deur die gevreesde virus nie maar deur keuse. Nou lê die lang, lang pad van genesing en berusting vir die oorblywende twee voor. As dit net nie was vir die verwyte, die donker geheim wat een saam graf toe geneem het en vir Liesel se pynlike liefde nie.