Sinkhuisresepte

R380,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781485901204
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2025-03-01
Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte. In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg. Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders. Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mrt. 2025
Formaat Sagteband
Skrywer Willie Strauss
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening