Anahita het as ’n Boesmanmeisie by haar ouma in die Kalahari grootgeword het, haar hoërskooljare in Kaapstad by haar Moslem-pa en Boesman-ma deurgebring het en uiteindelik ’n kliniese sielkundige geword het met die hulp van haar Duitse minnaar en latere man, Siegfried. Haar ouma het haar oeroue Boesmanverhale vertel, op laerskool in die Kalahari leer sy die Bybelse verhale ken, haar pa lig haar in oor Islam, haar Duitse minnaar bring haar op die hoogte van die Germaanse en Noorse mites en sages, en op universiteit maak sy kennis met Freud en Jung. As kind het sy boonop die gawes van ’n sjamaan ontvang. Wanneer sy as sielkundige ? vermeende moordenaar, Nimrod, moet behandel, begin sy besef sy moet uiteindelik kies wie sy werklik is en gaan sy op ? fassinerende reis na die outentieke self.