Sally Partridge is ’n bekroonde skrywer van Kaapstad. Vandat sy tien jaar gelede haar eerste roman, The Goblet Club, gepubliseer het, het sy al vier keer die M.E.R.-prys vir jeuglektuur ontvang, was sy op die kortlys vir die gesogte Commonwealth Skrywers Kortverhaalprys, en is ook benoem as een van die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners.
Wie het Demi Crowley vermoor?
Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat
veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.
Skerwe is ’n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.