Soeter as fudge (EBOEK)

Geen
Soeter as fudge (EBOEK)). Romanza geskryf deur Lizelle von Wielligh.
ISBN
9780639609713
R81,00
Skrywer(s):
Jonette het nooit gedink sy sal iemand haat nie, maar Brink van Heerden haat sy soos sy destyds haarself gehaat het. En nou kom hy ná al die jare terug Kiepersolkop toe as haar werkgewer. Daarby het hy nie meer die vaagste benul wie sy is en wat hy aan haar gedoen het jare gelede nie. Sy wil bedank en weggaan maar telkens word haar planne in die wiele gery. Boonop blyk dit hy is ook nie meer dieselfde mens as wat sy hom onthou nie. Dié man dra deesdae sy eie donker rond. Teen haar kop se beterwete, vind haar verraderlike hart dit al hoe moeiliker om aan haar haat vir hom vas te klou. Maar hy sê hy stel nie daarin belang om haar geneentheid te wen nie, so dalk moet sy hierdie keer vir haar kop eerder as haar hart lusiter.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening