Solitaire (EPUB)

R242,00
Solitaire (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799375237
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2015-05-01
Links

Donna, ’n befaamde juweelontwerper, se lewe slaan ’n gevaarlike koers in ná ’n ruwe ontnugtering in haar huwelik en ’n vernederende egskeiding. Wanneer sy die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging. 

Sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke juweelstuk te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier kruis haar pad met Toit Minnaar s’n. Die soort man wat ’n vrou kan laat glo alle mans is nie noodwendig uitbuiters nie. 

Maar Toit is reeds kniediep in die vrousoekproses. In ’n poging om weer sy lewe op koers te kry ná sy vrou se dood ’n jaar tevore maak hy gereed om drie aspirantbruide op Minnaarshof te ontvang vir ’n werklikheidsreeks op televisie. Kato, Ruby en McKenna is drie supervroue wat geen man met gesonde verstand sal wil wegstuur nie. 

Daarom verstaan Donna nie hoekom sy en Toit mekaar nie kan vermy nie. Haar hoofprioriteit moet nou wees om weer haar loopbaan op dreef te kry en terug te kry wat ’n man by haar gesteel het. .

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mei 2015
Formaat EPUB
Skrywer Vita du Preez
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Vita du Preez