Sommer net (EBOEK)

R81,00
Sommer net (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799357837
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2012-11-01
Links
Die binnenshuise wêreldkampioenskappe vir boogskutters is vir Orpa ’n opwindende gebeurtenis. Dis die eerste internasionale toernooi waaraan sy deelneem, en boonop is die deelnemer langs haar iets vir die oog. Hoe beter sy Leon Pelser leer ken, hoe meer raak sy oortuig dat hy haar ideale man is: Hy deel haar liefde vir boogskiet, is kalm en beheers, hoflik en goeie geselskap, en boonop het hy geduld met haar besluitloosheid. Ongelukkig is hy, Linet Swart en Albert Els ’n driemanskap wat skynbaar onafskeidbaar is, en Linet beskou hom duidelik as prooi. Orpa besef gou dat sy die buitestander is en ook dat sy nie kans sien om met die ander vriende te wees nie. Sy het daarom ’n moeilike keuse om te maak.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Nov. 2012
Formaat EPUB
Skrywer Elise Keyter
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Elise Keyter