Sondag steel jy my hart (EBOEK)

R187,00
In voorraad
ISBN
9780637004596
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2024-05-01
Links
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar. So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie – dis algemene kennis. Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het ... en sy het nie ’n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie. Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is. En Will, met sy motorfiets en leerbaadjies, is te wild om vir ewig aan iemand vasgeketting te wees, veral nie iemand soos sy nie. Hy slaan dan in kolle uit as iemand net “langtermynverhouding” noem.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Mei 2024
Formaat EPUB
Skrywer Cecilia Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Cecilia Steyn