Spesiale (en geheime) Agent Peter van der Wind en die Chinese draak (EBOEK)

Geen
Spesiale (en geheime) Agent Peter van der Wind en die Chinese draak (EBOEK)
ISBN
9780799359077
R115,00
Skrywer(s):
Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is ’n spesiale (en geheime) agent. Wat? Cool? Nee, dis nie cool nie. Dit is GLAD nie cool nie, want hy is net ’n geheime agent omdat hy ’n baie spesiale ... uhm ... wel ... talent het. Moenie lag nie ... Hy laat winde. Hard. So hard dat hy kan vlieg. En dit is die rede waarom die regering hom aangestel het om allerlei vreemde dinge te ondersoek. Toe die president ’n e-pos stuur oor ’n geheimsinnige Chinese skip wat in Suid-Afrikaanse water opgemerk is, moet Peter weer hope spinasie, kool, blomkool en broccoli eet ... en met ’n KNAL vertrek hy om die geheim van die Chinese draak op te los! ’n Lekkerlagavontuur oor ’n jong geheime agent met ’n baie ... uhm ... spesiale talent.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening