Stalmaats omnibus 4 (boek 16-20)

R270,00
Stalmaats omnibus 4 (boek 16-20)
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799394085
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2019-07-01

Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in 'n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ... Waaghals Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is 'n regte waaghals wat daarvan hou om die reels te verbreek. Sal Anri-hulle kan keer dat sy haar toekoms as kampioen-ruiter verwoes? Perdepiekniek Ná die briefie wat Jacques by die kamp in Anri hand gestop het, is dinge tussen hulle skielik heeltemal anders. Megan reel 'n piekniek saam met Jacques en sy vriende. Maar dan kry hulle onverwags baie slegte nuus oor die hingsvulletjie Storm … Pretrit Anri is opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Anri kan nie wag om Nadine aan Megan en Karen voor te stel nie. Maar Nadine lyk nie baie opgewonde oor die vakansieprogram wat Anri-hulle by die ryskool beplan nie. Perdediewe Anri-hulle gaan die langnaweek Kaap toe. En Jacques kom saam om te kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan. Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur ...

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jul. 2019
Formaat Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Lize Roux
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Lize Roux