Stryd vir liefde

R290,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779880529
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-08-01
Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar. Tot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ... Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. Lija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en ’n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit ’n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. Sy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lilja se hoop – die messias – kruisig. Albei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle lê aan skerwe. Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Frenette van Wyk
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Frenette van Wyk