Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê.Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos.