Vlug van die berghaan

Gewone prys R110,00 Spesiale prys R88,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870322
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-04-01
Olivia Welgemoed se toekoms lyk rooskleurig: Sy is ’n mediese dokter met ’n suksesvolle praktyk en verloof aan ’n predikant met ’n gemeente wat uitsien na ’n lojale predikantspaar. Dan kom haar pa, ’n bekende dokter van die Noord-Kaap, skielik tot sterwe. Asof sy ná ’n skeepsramp alleen in ’n reddingsboot sit, reik alle hande na haar vir hulp: haar verloofde, haar stiefma, haar stiefbroer en ’n gesondheidskliniek wat oorstroom ... Op haar erfgrond, Koepelplaas, is daar boonop ’n vreemdeling wat volgens haar wederregtelik op die oewer van die rivier uitkamp. Hy lyk soos ’n boemelaar en word haar grootste probleem. Beskik Olivia werklik oor die spirituele eienskappe van die berghaan soos wat die mense sê? En sal sy tussen al haar probleme en verantwoordelikhede kan leer onderskei tussen plig en ware liefde?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Rina Cilliers
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Rina Cilliers