Die Lys (RomanzaStoom)

Gewone prys R110,00 Spesiale prys R93,50
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870308
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-07-01
Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou lysie afhaal nie.” Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!” “O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal so aan die slaap as wat hy dalk dink nie. “Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so uitkyk!” Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?” “Met die ys en als?” vra sy. “Ja … veral met die als.” “O, ek het dit op YouTube gesien.” Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.” Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat. “Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy. Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.” Toe Mieke se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd om te waag. ’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo ’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is … Hy stem in om Mieke uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien kom het nie.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jul. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Erla-Mari Diedericks
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Erla-Mari Diedericks