Sy was jare gelede die oorsaak van Jonathan Lombard se ondergang. Nou moet Tessa vir hom ’n brief ná haar pa se dood gee. Sy durf hom nie sien nie. Nie ná al die jare se seer en skuldgevoel nie. Maar Eric, haar gewese man, se optrede dwing haar na Jonathan toe. Waar sy haar opnuut in sy weersin vasloop.