Swyg (EBOEK)

R290,00
In voorraad
ISBN
9781776359653
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2024-10-01
Links

Die sweer van stilswye bars altyd oop …
In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar weier om oor die voorval te praat. ’n Paar jaar later jaag die bekende digter Didi Donkermann by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.
Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het. Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid uit na soveel jare se stilswye?
Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Okt. 2024
Formaat EPUB
Skrywer Erla-Mari Diedericks
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Erla-Mari Diedericks