Thomas@omnibus 2 (sms; nagmerrie; aksie)

R300,00
Thomas@omnibus 2 (sms; nagmerrie; aksie)
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799391107
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2019-06-01

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar: Thomas@SMS.net Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en 'n vriend 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ... Thomas@nagmerrie.net Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Sy vriend is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur maar dit lyk asof sy net oe het vir een ou – Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos die plek waar die graadneges gaan kampeer? Thomas@aksie.net Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim - die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry …

Kyk gerus na die Resensie

 

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2019
Formaat Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Carina Diedericks-Hugo
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Carina Diedericks-Hugo