Ansua Welthagen, ’n talentvolle glaskunstenaar, keer terug van Europa ná ʼn groot liefdesteleurstelling. Sy onderneem om die kapel op Sewefontein, die spogplaas van die formidabele Naudés, naby Greyton, met loodglasvensters te versier. Om met ’n voertuig wat probleme gee voor Paasnaweek iewers gestrand te sit, is ʼn krisis. Maar Ansua ken krisisse. Sy ken wel nie sukkelende, geleende bakkies nie, en nóg minder alpakkas. Sewefontein is nie meer die plaas van jare gelede nie. Dit is nou ʼn heenkome vir afvlerkhoendertjies, soos die aantreklike, bot alpakkaboer die mense daar noem. Wybrandt Naudé het ʼn sagte plek vir mense, maar hy sal dit nooit wys nie. Dis makliker om te maak of hy net omgee oor die bestuur van die plaas en sy adellike herkoms. Hy is wel nie apaties teenoor die mooi Tanya wat sy bruid wil word nie. Hy wil met alles in hom van haar ontslae raak en besluit Ansua moet hom help: sy moet sy kammaverloofde wees. Ansua word gou betrokke by die komplot om van die lastige meisie ontslae te raak, maar sy ontdek in die proses dat toneelspel diep emosies by ’n akteur kan ontketen.