Tussen middernag en dagbreek (EBOEK)

R230,00
Tussen middernag en dagbreek (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799355604
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2014-04-01
Links
Marco Verkerk, die seun van Nederlandse immigrante, word as buitestander groot op ’n plattelandse dorpie waar sy pa ’n bakkery bedryf. Hy is ook ’n dwelmslaaf wat keer op keer rehab toe gaan, maar telkens weer terugval ten spyte van die ondersteuning van sy familie. Die vernietigende mag van dwelms word genadeloos uitgebeeld deur die aftakeling en verliese in Marco se reeds stukkende lewe en sy desperate soeke na verlossing. Hottie kom na jare uit die tronk vir sy aandeel in ’n gewapende roof. Hy het ’n pynlike geskiedenis van diskriminasie en onreg teen hom. Dan is daar Sam, sy beskermengel in die tronk, wat die doodstraf gekry het ná ’n plaasmoord maar nou op parool vrygelaat word. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef en hy is vasberade om Hottie saam met hom die hel in te sleep. Een verskriklike nag word hierdie mense se lewens verstrengel in ’n orgie van bloed en geweld. Dit word ’n nag van katarsis vir Sam, Hottie én Marco. Tussen middernag en dagbreek is ’n vernuftige misdaad- en psigologiese riller wat die plaaslike letterkunde verruim. Japie Bogaards het ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy is ’n voedseltegnoloog in die suiwelbedryf. Tussen middernag en dagbreek is sy debuutroman.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2014
Formaat EPUB
Skrywer Japie Bogaards
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening