Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde dertien gesigte waarin sy dag-in, dag-uit vaskyk...