Om vir Etienne te verloor, was vir Lucie baie soos om ’n ledemaat te verloor. Soos met haar arm, het die spookpyne van sy afwesigheid ook nooit heeltemal verdwyn nie. Dis hoekom sy so omver gegooi is toe hy haar kontak nadat hy van
haar ongeluk gehoor het.
Op die oog af het sy haar lewe hervat ná die egskeiding, haar woema teruggekry, amper vergeet dat hy haar verneuk het, pret gehad, voluit gelewe. Diep in haar hart het die pyn egter nooit heeltemal verdwyn nie ... En nou wil hy terugkom.
Moet sy vergewe en vergeet?