Moira woon haar hoërskoolreünie teen haar sin by, want die vernedering van hulle matriekafskeid dra sy al vir tien jaar soos ou wasgoed met haar saam. Tot haar ontsteltenis is Deetlef, wat in matriek al haar hart op galop gesit het en die rede vir haar vernedering was, ook daar en gooi sowaar haar hart se ritme weer omver. Moira probeer om in beheer van sake en haar emosies te bly, maar haar hart trek met ’n punt na Deetlef toe en weier volstrek om na haar te luister. Is dit dan regtig so erg as ’n meisie na haar hart luister en sy ’n heerlike toekoms met die man van haar drome tegemoetgaan?