Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Jennie neem een dwase besluit en dit kom haar duur te staan. Sy breek uit ’n toksiese verhouding en keer terug Klein-Karoo toe. Haar ouers het geen genade nie - en sy word werkloos; swanger en alleen gelaat. Herman was nog altyd daar en hulle is al jare vriende. Maar nou is vriendskap nie meer genoeg nie.