Elsabé Bester is ’n storieverteller, skrywer en voormalige filmredigeerder. Sy en haar man woon en werk in die Karoo waar sy stories uitdink en ’n tuiste skep vir hul drie kinders en troeteldiere
Karo is ’n suksesvolle model en verloor haar hart op die man van haar drome. Wanneer hy ’n romantiese bootreis saam met sy beste vriende voorstel, is sy oortuig hy voer groot planne in die mou. Hulle is egter skaars aan boord of Kabous moet terug vir dringende werksverpligtinge. Sy sit gestrand op die luukse Southern Star saam met sy vriende! Veral Adam, sy bedorwe universiteitsvriend, werk op haar senuwees. Hoe gaan sy die reis saam met hierdie onuitstaanbare vent oorleef?