Weg (EBOEK)

R170,00
Weg (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799391183
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2018-08-01
Links
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in ’n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Zack, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos. Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie – Niekie het immers ietwat van ’n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder. Maar Zack begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd. Baie verkeerd. Intussen word Niekie iewers in ’n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny. By haar in die vertrek is ’n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel. ’n Storie oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd … Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is. Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2018
Formaat EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Nerine Ahlers, Alet Steenkamp