Wêreldboekedagkompetisie 2025

 

 

Op 23 April vier ons jaarliks Wêreldboekedag, en ons is verheug om skole vir die derde jaar uit te nooi om aan ons Wêreldboekedagkompetisie deel te neem!

Dit is jou skool se kans om stories tot lewe te bring en jou skool se liefde vir lees te deel. Trek aan as jou gunstelingboekkarakter en staan ’n kans om R7 000 se boeke vir jou skool te wen! Daar is ook ’n spesiale prys vir die mees unieke kostuum! 

Maar wag, daar is meer! Alle skole wat inskryf, ontvang ook 15% afslag op enige van ons boeke. Dit is ’n klein bederfie om dankie te sê dat julle die vreugde van lees saam met ons deel! 

 

Riglyne vir individuele pryse:

    • Die beoordelaars is op soek na unieke boekkarakters wat op ’n koste-effektiewe manier uitgebeeld word.

    • Boekkarakters uit LAPA- en Penguin-boeke sal voorkeur geniet. Gaan loer gerus op ons webtuistes indien jy onseker is of die boekkarakter uit een van ons boeke kom.

    • Alhoewel klassieke kinderboekkarakters uit stories soos “Alice in Wonderland”, “Gouelokkies en die drie bere” of “Rooikappie” na aan ons harte lê, is ons spesifiek op soek na nuwer karakters.

 

Hoe skryf ek my skool in?

Wil jy graag inteken op ons nuusbriewe en sodoende op hoogte bly van ons kompetisies, nuwe boeke en hulpbronne vir die klaskamer? Vul gerus die vorm onder in: