Wian is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk.
Gelukkig kom sy pelle saam.
En Wian is darem opgewonde oor een ding: Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!
Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings in lewende lywe ontmoet?
- Hoe ontsnap hy toe 'n Viking-vegter hom met sy swaard wil deurboor?
- En hoe gaan hy ooit kan terugkom uit Parys van 'n 1 000 jaar gelede na VANDAG?
Lees saam aan hierdie wegholrit van ʼn avontuur!