Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op ’n FANTASTIESE kamp. Die koorkamp is by die see – en boonop kan hulle twee dae skool misloop!
Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg.
En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was ’n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende – en hulle kry ’n plan om Anton ’n les te leer ... ’n Baie STINK plan!