Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos, die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het – ’n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is ’n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan.